Tuis Blad

DIE GESKIEDENIS VAN DIE NG KERK SALDANHA

Saldanhabaai is vernoem na kaptein Antonio de Saldanha. Hy het in 1503 Tafelbaai met sy skip, die Alfonso d’ Albuquerque binne gevaar. Tafelbaai het vir ʼn beperkte tyd onder die Portugese as die “Waterplek van Saldanha” (“Agoanda de Saldanha”) bekend gestaan.

Dit Nederlander Joris van Spilbergen het in November 1601 verby ʼn groot inham gevaar. Hy was op daardie oomblik onder die indruk dat dit kaptein De Saldanha se wateraanvullingspunt moes wees. Verder in sy bood rit suid, het hy die baai met die platkruinberg in gekom. Hy was op daardie stadium onder die indruk dat hy ʼn nuwe baai ontdek het en het besluit om dit tafelbaai te noem.

» Lees_Meer

Saldanha baai het toe met die verloop van tyd bekend geword as die grootste, veiligste en beste natuurlike hawe aan die Suid-Wes van Suid-Afrika, afgesien die feit dat Antonio de Saldanha nooit voet hier aan wal gesit het nie en sy Agoada de Saldanha Tafelbaai geword het! Saldanhabaai het sy naam “tweede hands” gekry weens die feit dat dit eers Tafelbaai was.

Die behoefte aan n eie gemeente en kerkgebou op Saldanha

Ontwikkeling, van enige aard, het altyd gevolge. Die ekonomiese gevolge was duidelik sigbaar in die 17de en 18de eeu. Die Saldanhabaai-omgewing was yl bevolk. Bevolkingsgetalle het egter na 1950 vinniger begin toeneem. Meer mense het meer behoeftes gehad en en daarvan was om geestelike versorging.

Dit was nie ʼn verrassing dat daar meer aan ʼn kerk en gemeente eie aan Saldanha gedink was nie. Die NG kerk was na die Anglikaanse kerk, teen die Hoedjiesbaaistrand opgerig. Die eie en afsondelike kerkie is in 1820 gebou, maar was eers in 1888 ingewy! Die Anglikaanse kerk van die Hoedjiesbaai-gemeente het in die jaar 2015 ʼn trotse 150 geword.

» Lees_Minder

Hierdie inligting is verkry uit:

“NG Gemeente Saldanha 50 jaar van genade” saamgestel deur:
E. van Nieuwenhuyzen
Nagevors en vertel deur:
J.C (Koos) Kotzé